Die sleutel tot jou toekoms
Onderwys is die mees kragtige wapen wat jy kan gebruik om die wêreld te verander."
Die sleutel tot jou toekoms
Onderwys is die mees kragtige wapen wat jy kan gebruik om die wêreld te verander."
Duo Edu Onderwysbenadering
#diesleuteltotjoutoekoms
By Duo Edu streef ons daarna om elke leerder (adolessent) se uniekheid en bepaalde moontlikhede optimaal te ontwikkel. Ons poog om die leerder se bestaande sterkpunte ten volle te benut om sy / haar leerbehoeftes deur aanpassing in die onderrigmetodiek en hulpmiddels te omseil, om sodoende maksimale skolastiese funksionering te bewerkstellig.
Duo Edu bied Ondersteunende Onderwys aan leerders (Hoërskool) met bepaalde Leerbehoftes. Hulle het in een of meer leerareas ondersteuning nodig. (Lees, Spelling, Ekspressiewe Geskrewe Taal, Ouditief Reseptiewe Taal – waaronder begrip vir abstrakte taalgebruik, Wiskunde) ondersteuning nodig het. Hierdie leerders toon 'n teenstrydigheid tussen hulle potensiaal en werklike vlak van prestasie/funksionering. Hulle aanleg profiele toon dikwels ʼn statisties betekenisvolle diskrepansie tussen verbale en nie-verbale aanleg. Die analitiese opeenvolging en logiese verwerking van taalinligting vind gevolglik stadiger plaas. Om die taalstimuli dan spontaan te struktureer en om onafhanklike oordele ten aansien van die verbale inligting te maak, is dus vir hulle moeilik. Hul leerproblematiek is outentiek en dus nie ophefbaar nie. Akkommoderende onderrig moet dus aangebied word.
Die implikasies van hierdie leerders se profiele vir die skoolomgewing is verreikend, aangesien die skoolomgewing primêr ʼn verbale omgewing is. Voortdurend moet verbale inligting verwerk word, hetsy ouditief (luister) of visueel (lees). Die leerders se tempo van verbale inligtingverwerking is betekenisvol stadiger as die norm, wat bv. kan lei tot ontoereikende voltooiing van opdragte, geskrewe werk en toetse. Die leeromgewing by Duo Edu word dus so gestruktureer dat die leerders se leerbehoeftes daardeur onderskep kan word.
3,000 leerders matrikuleer by Duo Edu in 15 jaar
Neem die eerste stap na jou toekoms
Duo Edu Geskiedenis
#diesleuteltotjoutoekoms
Duo Edu het sy ontstaan gehad deurdat ‘n behoefte geïdentifiseer is vanuit die praktyk van Dr. Lorraine du Toit (Opvoedkundige Sielkundige): Hoërskoolleerders met spesifieke leerbehoeftes het dit uitdagend gevind om hulself binne die hoofstroom klaskamer te handhaaf.
Die skool het sy ontstaan gehad in 2001 met 5 leerders, een onderwyseres (Mev Hettie Conning) en ‘n skoolhoof as deel van die Doktorale studie van die skoolhoof, Dr Lorraine du Toit! Daar is aanvanklik ingeskakel by die kurrikulum van Breinlyn, en later as deeltydse graad 12 leerders by die Departement van Onderwys geregistreer. Dus kon die leerders hul Graad 12 oor 2 jaar skryf. Die ongelooflike akkommoderende en hulpverlenende ingesteldheid van Hoërskool Garsfontein, met Mnr Dirk van Zyl aan die hoof, het dit moontlik gemaak om Duo Edu se eerste matriekeksamens af te lê. Hoërskool Garsfontein het ons geakkommodeer vir ‘n hele paar eksamensittings! Ons eerste leerders het dus in 2004 vir Duo Edu se eerste 100% slaagsyfer gesorg! William Nicolstraat 565 was ook van daardie jaar af die permanente tuiste van Duo Edu.
Die Departementele Deeltydse baan het egter uitgefaseer en Duo Edu het die proses by die Departement begin om as ‘n volwaardige voltydse privaatskool te registreer. In 2008 het ons daardie status bereik! Daar word ook aansoek gedoen om te registreer as eksamensentrum en in 2011 skryf Duo Edu se leerders vir die eerste keer hul Graad 12 eindeksamen in hul eie saal en privaat lokale (vir konsessie leerders).
In Duo Edu se bestaan is daar reeds groot dinge vermag en jaarlikse instellings is gevestig :
- Sedert Duo Edu se eerste matriekgroep is ons geseënd met ‘n 100% matriek slaagsyfer!
- Ons het leerders met verskillende leerbehoeftes reeds deur hul skoolloopbaan ondersteun.
- ‘n Atletiekbyeenkoms met ander klein skole is op die been gebring. Dit is nou ‘n jaarlikse instelling
- Interhuis skaakkompetisie (Klasverband, graadverband, skoolverband). ‘n jaarlikse Interskaakkompetisie teen ‘n privaatskool in die omgewing
- Jaarlikse Bessie Windell Stap/drafdag
- Jaarlikse Kultuuraand waar die jong talent van Duo Edu uitgestal word.
- Verbruikerstudie sentrum word in Mei 2014 in gebruik geneem
- Jaarlikse Skoolkamp, waar al die leerders die geleentheid kry om in die natuur weer opnuut bewus te word van die seëninge vanaf ons Skepper
Jaarlikse Gemeenskapsprojekte: kombers insameling, blikkieskos verspreiding, broodjies vir plakkerkampe, Nelson Mandela dag, uitreik na die Marietha Ackerman Tehuis.