Duo Edu is anders.
Ons leerders word ondersteun, aangemoedig en uitgedaag om hulle drome 'n realiteit te maak.
Ondersteuningsdienste.
Duo Edu het ‘n voltydse sielkundige, asook ‘n sielkunde intern van die Universiteit van Pretoria wat ondersteuning bied aan die leerders van Duo Edu.
Dit sluit onder andere in:
- Emosionele/Psigoterapeutiese ondersteuning
- Studiemetodiek en Eksamenvoorbereiding
- Aanlegtoetse en Beroepsleiding
- Psigometriese toetsing vir Konsessie doeleindes
- Remediërende ondersteuning
Klaskamerbeleid.
By Duo Edu word die inhoudelike (leerplanne), skoolorganisasie en die wyse van onderrig (onderrigmetodes) aangepas om hierdie leerders te ondersteun.
Die volgende is enkele voorbeelde van hierdie soort hulpverlenings:
- Nie meer as 15 leerders per klas nie.
- Toepaslike vakkeuse
- Toestaan van konsessies: Aflegging van mondelinge eksamens/ammanuensis deur die opvoedkundige sielkundiges in oorleg met die Departement van Onderwys. Aansoek om meer tyd vir skriftelike eksamens deur die opvoedkundige sielkundiges in oorleg met die Departement van Onderwys.
- Ondersteuning ten aansien van studieskedules, studietegnieke en leerstrategieë deur die opvoedkundige sielkundige
- Psigoterapeutiese ondersteuning – motivering, selfkonsep, gesindheid teenoor skool, toekomsvisie / perspektief /beroepsleiding.