top of page

Wat hou die sleutel van DUO EDU vir jou in? 

 

 

DEa193.jpg

DR. LORRAINE DU TOIT

SKOOLHOOF

DUO EDU  het sy ontstaan gehad omdat daar ouers is wat, soos die skoolhoof, onwrikbaar glo in hul kinders se potensiaal ten spyte van die hindernisse wat leer vir hulle so uitdagend maak!

Daarom verbind DUO EDU  homself daartoe om as ‘n vennootskap met ouers saam te werk om hierdie leerders te begelei tot optimale akademiese prestasie. Die omgewing van DUO EDU  bied egter veel meer as net akademiese insette: 

  • ¨‘n Bepaalde waardestelsel word gevestig

  • ¨Interpersoonlike verhoudinge word aangemoedig

  • ¨Samehorigheid en eenheid as skool bied die grondslag vir ons leerders om op alle terreine van die lewe te waag

  • ¨Geestelike groei vind plaas

  • ¨Leierskapsontwikkeling word bevorder

  • ¨Gesonde Sportmangees word ontwikkel

  • ¨Akademiese Selfbeeld word gevestig

  • ¨Christelike Geloof en beginsels word uitgeleef

  • ¨Konformering aan die bepaalde etos en sisteem van DUO EDU  word aangemoedig, om sodoende ons leerders voor te berei vir die werklikheid wat hul as jong volwassenes in die gesig gaan staar.

¨Mag elke ouer van DUO EDU  saam met ons glo dat God dit so beskik het dat jul deel van die “familie” moet wees. Daarom is positiewe betrokkenheid van elke ouer so noodsaaklik vir die funksionering van DUO EDU. Mag elke ouer ook vertrou dat elke besluit deur die skool altyd in die beste belang van die leerder sal wees!

bottom of page