top of page

Onderwysbenadering

 

 

By Duo Edu streef ons daarna om elke leerder (adolessent) se uniekheid en bepaalde moontlikhede optimaal te ontwikkel. Ons poog om die leerder se bestaande sterkpunte ten volle te benut om sy / haar leerbehoeftes deur aanpassing in die onderrigmetodiek en hulpmiddels te omseil, om sodoende maksimale skolastiese funksionering te bewerkstellig.

 

 

Duo Edu bied Ondersteunende Onderwys aan leerders (Hoërskool) met bepaalde Leerbehoftes. Hulle het in een of meer leerareas ondersteuning nodig. (Lees, Spelling, Ekspressiewe Geskrewe Taal, Ouditief Reseptiewe Taal – waaronder begrip vir abstrakte taalgebruik, Wiskunde) ondersteuning nodig het. Hierdie leerders toon ʼn teenstrydigheid tussen hulle potensiaal en werklike vlak van prestasie/funksionering. Hulle aanleg profiele toon dikwels ʼn statisties betekenisvolle diskrepansie tussen verbale en nie-verbale aanleg. Die analitiese opeenvolging en logiese verwerking van taalinligting vind gevolglik stadiger plaas. Om die taalstimuli dan spontaan te struktureer en om onafhanklike oordele ten aansien van die verbale inligting te maak, is dus vir hulle moeilik. Hul leerproblematiek is outentiek en dus nie ophefbaar nie. Akkommoderende onderrig moet dus aangebied word.

Die implikasies van hierdie leerders se profiele vir die skoolomgewing is verreikend, aangesien die skoolomgewing primêr ʼn verbale omgewing is. Voortdurend moet verbale inligting verwerk word, hetsy ouditief (luister) of visueel (lees). Die leerders se tempo van verbale inligtingverwerking is betekenisvol stadiger as die norm, wat bv. kan lei tot ontoereikende voltooiing van opdragte, geskrewe werk en toetse. Die leeromgewing by Duo Edu word dus so gestruktureer dat die leerders se leerbehoeftes daardeur onderskep kan word.

bottom of page