(Fase Hoof Graad 8 & 9)

 

Hoërskool is ‘n splinternuwe fase in jou lewe!

Ons is opgewonde om jou hier by DUO EDU te ontvang. Hier werk en leef en leer ons almal baie nou saam.

 

Voordat jy egter jou voete op die skoolterrein sit moet JY besluit hoe jy hierdie jaar gaan aanpak. Gaan jy dwarstrek of saamtrek? Gaan jy jou plig doen of dit versuim? Wil jy jou volle potensiaal ontwikkel of wil jy net die heel minste doen wat nodig is? Hierdie keuse is jou eie en ook jou verantwoordelikheid.

 

Ons nooi jou uit om jou positiewe-goed-gemanierde-gesindheid aan te trek en  vanaf dag een saam met ons onder die sonskynsambreel van DUO EDU te kom staan.

Juffrou Nicky skryf...