top of page

Die rasionaal agter die keusevakke wat reeds vir ons leerders gekies is, is dat díe vakke teorieties- sowel as praktiese en visuele komponente bevat, wat

van hulle gepasde vakke maak vir ons leerders wat met bepaalde leerbehoeftes presenteer. 

Dit is verder belangrik om te meld dat sukses in die vak RTT afhanklik is van leerders se effektiewe uitvoeringsvaardighede (vinnig, strategies en georganiseerd) en dus moet oorweging om die vak te neem nie ligtelik opgeneem word nie. 

 

  • GEOGRAFIE (MENSLIKE- EN SOSIALE WETENSKAPPE)

 

BESKRYWING

Geografie is ‘n handige vak wat ‘n verskeidenheid vaardighede ontwikkel. Die vak is geesteswetenskaplik en natuurwetenskaplik van aard en bied dus ‘n wye verskeiedenheid beroepsopsies.

 

BENADERINGSWYSE

Daar word op drie vlakke tewerk gegaan in hierdie vak, naamlik waarneming, verklaring en interpretasie. Vaardighede wat deur die vak ontwikkel word sluit data hantering, interpretasie, evaluasie en verslagskrywing in.

 

KURRIKULUM TEORIE:

•  Geomorfologie: lopende water, samestelling van die aardkors, kragte in die aardkors, kaartgeomorfologie, oplossingsgesteentes

•  Bevolkingsgeografie

•  Ekonomiese geografie: hulpbronne, energie, primêre, sekondêre en tersiêre aktiwiteite

•  Nedersettingsgeografie: landelik, stedelik

•  Die aarde in die Ruimte

•  Klimatologie: lugdruk, winde, algemene lugsirkulasies, weerprosesse, storm soorte

•  Geografiese Inligtingstelsels (GIS)

 

PRAKTIES:

•  Lugfoto’s

•  Kaartwerk

•  Foto-ontleding

 

BEROEPSMOONTLIKHEDE

Kartograaf, Weerkundige, Argeoloog, Geoloog, Onderwyser(es), Stads- en streeksbeplanner, Landskapsargitek, Omgewingskundige en Geografiese-inligtingstelselkundige waarvoor daar tans ‘n groot aanvraag in die beroepswêreld is.

 

  • REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (RTT)

 

BESKRYWING

Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) is ‘n samevoeging van twee “ou” vakke naamlik, Rekenaarstudie SG en Rekenaartik. RTT is die studie van die geintegreerde komponente van ‘n rekenaar sisteem (hardeware en sagteware) en die praktiese vaardighede vir die effektiewe gebruik en toepassing om alledaagse probleme op te los. Leerders wat die vak neem moet self tuis ‘n rekenaar besit omrede daar take en opdragte gegee word wat tuis voltooi moet word.

 

BENADERINGSWYSE        

Praktykgerigte vak. Prakties en teoretiese komponent

 

KURRIKULUM TEORIE (HOE WERK ‘N REKENAAR?):

•  Apparatuur: voorstelling aan rekenaars, hardeware, sagteware, rekenaar bestuur

•  Programmatuur: tipes programme en die doel en gebruik daarvan

•  Bestuur van inligting en internet; voorstelling aan die internet, WWW (World Wide Web), tipes webtuistes, veilige internet gebruik,  probleemoplossing, inligting vinding, gebruik- en prosessering van inligting

•  Web Ontwerp

•  Sosiale implikasies: impak op die gemeenskap, gesondheid en ergonomiese kwessies, omgewingskwessies

 

PRAKTIES (HOE OM MET ‘N REKENAAR TE WERK):

•  MS Word

•  MS Excel

•  MS Access

•  MS Powerpoint

•  Web Ontwerp

 

BEROEPSMOONTLIKHEDE         

In enige beroep wat jy sou volg is RTT ‘n aanwins. Rekenaarvaardigheid is ‘n belangrike vaardigheid om beroepsdeure oop te maak. Kantoor administrasie, Entrepreneur, Sekretaris/ Sekretaresse, Regsekretaris/ Regsekretaresse, Skakelbeampte, Onderwyser (es)

bottom of page